15/12/2024
Ek stem saam haar, en ek persoonlik d**k chemo is ń geldmaak storie, veral as die kanker gevorderd is! Sterkte Michelle!
****
Michelle Botes stry al die afgelope twee en ’n half jaar teen gevorderde veelvuldige myeloom, 'n seldsame soort bloedkanker wat die beenmurg affekteer, en het ses weke gelede met Bruis gesels oor haar moeilike pad tot hier. Sy identifiseer nie met die kanker nie, sê sy. “Wanneer my vriende sê hulle kan nie verstaan hoekom ek nie met die chemoterapie wil voortgaan nie, verduidelik ek dat ek nou weer gelukkig is en vrede het – nog chemo, steroïede en oorplantings sal my lewensduur dalk effens verleng, maar dan is ek gedurig angstig en siek en nooit ten volle myself om die lewe te geniet nie. Die lewe is so teenstrydig; ek is aan die sterf, maar oral in die natuur is daar tekens van nuwe lewe. Dit gee my vreugde en vrede.”
Lees haar aangrypende verhaal in Bruis, wat nou op die rakke is in Woolworths, Spar, Checkers, Pick n Pay, Dis-Chem, OK en Exclusive Books.