Laerskool Bakenkop - sedert 1982

Laerskool Bakenkop  - sedert 1982 Laerskool geleë in Wierdapark. Ons fokus op POTENSIAAL en nie net op PRESTASIES nie.
(1)

02/02/2025
01/02/2025

Vandag was skaak proewe. Mnr Willie kom maak 'n draai want dis wat 'n goeie hoof doen. Hy bring vir Kara sy kleindogter saam en ons Bakies speel so lekker dat hy besluit hy moet vir Kara leer om die regte skuiwe te maak.
Baie spesiale video Mnr Willie 🤗

In die Gr. R Kewerklas is daar nie tyd vir baba tande nie. 3 tande wat op een dag getrek word. Soos een van hulle sê "hi...
31/01/2025

In die Gr. R Kewerklas is daar nie tyd vir baba tande nie. 3 tande wat op een dag getrek word. Soos een van hulle sê "hierdie tande moet waai want dit moet plek maak vir ons verstandtande sodat ons verstand kan kry om slim te raak"☺

Die Amfiteater was vandag gebruik as die NW klas saam met Mnr Peet. Die vars lug, voëltjies wat sing en goeie vitamiene ...
31/01/2025

Die Amfiteater was vandag gebruik as die NW klas saam met Mnr Peet.
Die vars lug, voëltjies wat sing en goeie vitamiene D was net wat nodig was.

'n Lekker bederf op 'n warm laaste dag van Januworry deur Hoërskool Zwartkop. Dankie Zwarries, ons het 'n spanbou vanmid...
31/01/2025

'n Lekker bederf op 'n warm laaste dag van Januworry deur Hoërskool Zwartkop. Dankie Zwarries, ons het 'n spanbou vanmiddag en hierdie roomys het ons sommer weer nuwe energie gegee om vanmiddag soos hoërskool leerders tekere te gaan.

Vuurwarm Donderdae Wiskunde:Vir dié kwartaal toets ons weekliks op 'n Donderdag bietjie ons slim vriende op Facebook se ...
30/01/2025

Vuurwarm Donderdae Wiskunde:
Vir dié kwartaal toets ons weekliks op 'n Donderdag bietjie ons slim vriende op Facebook se kennis.
Wat is die antwoord?😉🤪😵

Vroeg oggend doel oefening is mos hoe dit moet wees. Ons sien uit na die netbal wat een van die dae afskop.
30/01/2025

Vroeg oggend doel oefening is mos hoe dit moet wees. Ons sien uit na die netbal wat een van die dae afskop.

'n Baie belangrike verskil tussen tyd en gehaltetyd met jou kind. Lees gerus die artikel.
29/01/2025

'n Baie belangrike verskil tussen tyd en gehaltetyd met jou kind. Lees gerus die artikel.

'n Ma was op pad na ‘n vergadering, maar het vinnig tyd gemaak om saam met haar seuntjie te spandeer. Sy’t net tien minute gehad, maar haar seun het die atmosfeer geantisipeer en die situasie raakgevat: “Asseblief, mamma, moenie nou haastig wees nie.” Lees gerus wat Nikki Bush - Speaker, ‘n deskundige in menslike potensiaal en ouerskap, sê oor die verskil tussen tyd en gehaltetyd: https://afrikaans.com/2022/06/28/mamma-wees-later-haastig/

Onderhoofleier x 3 = Coetzee'sMerikus, die kleinboet van Handré en Juané Coetzee, het vandag sy boetie en sussie trots g...
29/01/2025

Onderhoofleier x 3 = Coetzee's
Merikus, die kleinboet van Handré en Juané Coetzee, het vandag sy boetie en sussie trots gemaak deur in hulle voetspore te volg en ook aangewys is as onderhoofleier vir 2025.
Handre was die onderhoofseun in 2020 en Juané onderhoofmeisie in 2023.
Merikus wees nou slim en kry al die "tips" by jou boetie en sussie!
Baie geluk!

Hoofleiers 2025:Ons nuutverkose hoofleiers vir 2025 is gekies. Ruan Maartens en Lisa van Jaarsveld is meer as net die ho...
29/01/2025

Hoofleiers 2025:
Ons nuutverkose hoofleiers vir 2025 is gekies.
Ruan Maartens en Lisa van Jaarsveld is meer as net die hoofseun en hoofdogter vir 2025. Dié twee is ook nefie en niggie. Hulle ma's is sussies en is die mammas (en pappas) natuurlik baie trots op hulle maar dis veral hulle oupa wat d**k dis omdat hy so streng was met hulle ma's dat hy nou ekstra trots mag wees.

Hou die twee maar dop, hulle gaan julle nog baie trots maak in hul skoolloopbaan.
Baie geluk Ruan en Lisa.

29/01/2025

🎂VERJAARSDAG LIED 2025🎈
En raai waarmee kom ons nuwe leiergroep op vir 'n verjaarsdag lied vir 2025🕷🕷.
Ons kan nie wag om dit die hele jaar lank te sing wanneer iemand verjaar nie. 🎉

29/01/2025

Ons onderhoofdogter vir 2025 is aangekondig! Baie geluk......

29/01/2025

Ons onderhoofseun vir 2025 is aangekondig! Baie geluk......

29/01/2025

Ons hoofdogter vir 2025 is aangekondig! Baie geluk......

29/01/2025

Ons hoofseun vir 2025 is aangekondig! Baie geluk......

Address

Underbergstraat 5, Wierdapark
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:45
Tuesday 07:30 - 13:45
Wednesday 07:30 - 13:45
Thursday 07:30 - 13:45
Friday 07:30 - 13:45

Telephone

0126534187

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Bakenkop - sedert 1982 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Laerskool Bakenkop - sedert 1982:

Videos

Share

Geluk Gr 3/5 se leerders wat in lockdown verjaar tussen 18 Maart - 30 April

Geluk Gr 3/5 se leerders wat in lockdown verjaar tussen 18 Maart - 30 April