Huis Aristea

Huis Aristea Huis Aristea is op 14 April 1975 amptelik ingewy. Die naam Huis Aristea kom van 'n aristeablom wat vandag nog hier in Durbanville naby die renbaan groei.

Huis Aristea is 'n program van Badisa.

Komende Vrydag, die 11de April is dit ons 50ste verjaardag viering. Ons gaan braai en sien uit om al ons vriende en fami...
07/04/2025

Komende Vrydag, die 11de April is dit ons 50ste verjaardag viering. Ons gaan braai en sien uit om al ons vriende en familie hier te verwelkom en lekker saam te kuier.
Ons wil baie graag ons tafels mooi dek en benodig die volgende plantjies vir tafel-dekor:
Aalwyne, Rots-/woestyn-rosies, Spekboom snysels en Skoonma-se-tong.
Indien daar mense is wat tuine moet uitdun, sal dit vir ons wonderlik wees as julle vir ons van die plantjies kan aflaai. Ons sê sommer by voorbaat baie dankie, ons sal dit regtig baie waardeer.

05/04/2025

Los jou voetspore by Huis Aristea! ✨
Die week tel ons 50 dae af tot ons verjaarsdag! Huis Aristea vier 50 jaar van liefde, omgee en sorg met deernis vir ons ouer persone. 👵👴
Vir net R50 kan jy deel wees van ons 50 dae veldtog en help ons om R125 000 in te samel vir nuwe vloerbedekking in die gange by ons kamers en leefruimtes. Dit sal ‘n veilige en esteties pragtige omgewing vir ons inwoners skep – ‘n ruimte wat hulle met trots hul tuiste kan noem. Jou donasie bring nie net vernuwing nie, maar ook waardigheid vir almal wat hier woon. En, wie hou nou nie van ‘n “before and after transformation” nie? 😃
Ons beoog om 50 mense te kry wat vir 50 dae R50 elke dag skenk. Saam kan ons ons doelwit maklik bereik en ‘n blywende verskil maak!
Volg ons blad en wees deel van ons reis vir die volgende 50 dae! Ons sal ook stories oor die afgelope 50 jaar van Aristea deel.
👉 https://www.facebook.com/HuisAristea
Like, Follow en Share!

Welkom aan vriende en familie van Huis Aristea wat graag wil kom saam braai om ons 50ste verjaardag te vier. Kontak Ontv...
03/04/2025

Welkom aan vriende en familie van Huis Aristea wat graag wil kom saam braai om ons 50ste verjaardag te vier. Kontak Ontvangs vir enige navrae en/of om kaartjies vir 'n braaipak te koop.

Kuumba is live!!!Huis Aristea proudly supports the Badisa Kuumba Care initiative by bringing people, businesses and comm...
31/03/2025

Kuumba is live!!!
Huis Aristea proudly supports the Badisa Kuumba Care initiative by bringing people, businesses and communities together.
A special song, "Jy is Special" created by Jak de Priester is a celebration of every child’s worth, and a reminder that each person is unique and deserves to feel loved and safe. The song is truly a celebration of belonging, a call to action, and a reminder that care is something we all share responsibility for. Kuumba calls South Africa together to care for the most vulnerable.
A big thank you to our talented residents, fltr: Nana, Beryl, Diane, Shiela, Helena, Kokkie, Helena, Marge, Mareen, Marlene, Ingrid who took part in the dance. Without you, our contribution would not have been possible.

Het jy geweet dat by Huis Aristea ( Followers and Viewers ) ons besorg is en omsien na elke inwoner se spesiale behoefte...
30/03/2025

Het jy geweet dat by Huis Aristea ( Followers and Viewers ) ons besorg is en omsien na elke inwoner se spesiale behoeftes om te verseker dat elkeen 'n waardige lewe kan lei tot die einde van aardse lewe.
Wanneer die dag aanbreek dat ons nie meer growwe en stukke kos kan eet en geniet nie, word daar vir ons met spesiale liefde "prentjie-kos", wat sag en verwerk is om maklik te eet en te sluk, voorberei. Inwoners en tafelmaats wat normale etes kry, is selfs baie nuuskierig om elke dag die prentjie-kos van dié inwoner(s) te sien.

Gelukkige 70ste verjaardag, Sr Heila Victor. Ons vier dit met vreugde saam met jou en jou twee dierbare susters. Dit was...
28/03/2025

Gelukkige 70ste verjaardag, Sr Heila Victor. Ons vier dit met vreugde saam met jou en jou twee dierbare susters. Dit was so lekker dat hulle kom saam kuier het by Huis Aristea vandag. Dankie aan Elize Olivier en die Feedem span vir die voorbereiding van die heerlike ete en ons Immploy Recruitment Agency versorgers vir die afskeidslied wat julle vir haar gesing het. Ons groet jou ook vandag met 'n traan in ons harte en gun jou 'n rustige aftrede en vol lewe na 'n suksesvolle loopbaan. Soos wat seisoene kom en gaan, is daar ook vir ons elkeen in hierdie lewe 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Seënwense op jou pad vorentoe.

Huis Aristea blom in haar nuwe pienk baadjie! Baie dankie aan elkeen wat hierdie droom help waar word het. Die mooi tuin...
26/03/2025

Huis Aristea blom in haar nuwe pienk baadjie!
Baie dankie aan elkeen wat hierdie droom help waar word het. Die mooi tuin help om die gees van ons siek, swakheid en eensame inwoners te lig. En duisend dankies aan Pieter Smit van DeSmit Strukture wat die leiding neem om aan te hou met hierdie projek. Ons is só dankbaar en bevoorreg, ons sé DUISEND DANKIES.

21/03/2025

Queen Cafè Huis Aristea is oop. Kom kuier saam en geniet 'n heerlike stuk koek (of quiche) en koffie (of tee) vir slegs R50 hier by ons aan huis.

Ons sê baie dankie aan juffrou Maryke Grobbelaar, haar mede-kollegas en die Mnr. & Mej. Curro deelnemers, leerlinge van ...
15/03/2025

Ons sê baie dankie aan juffrou Maryke Grobbelaar, haar mede-kollegas en die Mnr. & Mej. Curro deelnemers, leerlinge van CURRO Hoërskool Durbanville wat ons lewelose vibracrete mure nuwe lewe kom gee het. Op die "before" en "after" foto's sien ons hoe kreatiwiteit van ons jongmense ons inwoners se gemoed lig en help dat hulle nie eensaam voel nie, want selfs die jongmense in die gemeenskap gee om vir Huis Aristea. Baie dankie aan almal wat hulle Vrydagnamiddag opgeoffer het om ons te kom bederf met die pragtige "murals". Geen meer vaal vibracretemure nie.

🎨

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE 2025Die Here het jou wonderlik gemaak, Hy het net een van jou gemaak, jy is genoeg. ‘Kia orana!’ ...
07/03/2025

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE 2025
Die Here het jou wonderlik gemaak, Hy het net een van jou gemaak, jy is genoeg. ‘Kia orana!’ is hoe die eilandbewoners van die Cook-eilande mekaar groet. Dit beteken: “Mag jy lank lewe en mag jy goed lewe. Mag jy soos die son skyn. Mag jy met die golwe dans.” So het ons ook vanoggend mekaar gegroet toe Ds Cecile Murray-Louw vir die vroue van Huis Aristea 'n boodskap van hoop gebring het. Elkeen het 'n blom gebring en saam het ons gebid vir die vroue van die Cook-eilande en ook vir die vroue van ons wonderlike Vaderland, Suid-Afrika. Dankie Ds Cecile vir die mooi boodskap.

Waar lê jou voetspore? 👣Laat ‘n blywende voetspoor in die geskiedenis en voortbestaan van Huis Aristea en help ons om ‘n...
05/03/2025

Waar lê jou voetspore? 👣
Laat ‘n blywende voetspoor in die geskiedenis en voortbestaan van Huis Aristea en help ons om ‘n verskil te maak in die lewens van ons inwoners!
Ons vier 50 jaar van sorg en omgee, en met jou hulp kan ons ‘n veilige en mooi leefomgewing vir ons inwoners verseker. Daarom loods ons die 50 | 50 | 50 veldtog:

💙 50 mense wat vir 50 dae R50 skenk (of ‘n eenmalige donasie van R2500) = ‘n blywende verskil vir nog 50 jaar van liefde en omgee!

Ons doel is om R125 000 in te samel vir nuwe vloerbedekking in ons kamers en leefareas se gange. D**k net aan al die voetspore wat oor die afgelope 50 jaar hier geloop is! Ons inwoners verdien ‘n omgewing wat bydrae tot hulle waardigheid, want ons is dankbaar vir die voetspore wat hulle in ons lewens laat – en jy kan help om dit moontlik te maak.

Hoe kan jy skenk?
🔹 EFT:
Huis Aristea
Rekening: 141 0400 134
Bank: Absa Durbanville
Verwysing: Naam & 50Jaar
🔹 Yoco-skakel:
https://pay.yoco.com/huis-aristea
📧 Navrae: [email protected] | ☎️ 021 976 3166

👣 Kom kuier Vrydae tussen 10:00 en 12:00 vir ‘n lekker koffie en koek by Queen Café vir net R50 – kom sien self hoe jou donasie ‘n verskil maak!

Ons vier Nasionale NPO-dag.Dankie aan Helpende Hand vir 'n Netwerkgeleentheid waar ons weer ons tenke kon kom vol maak h...
27/02/2025

Ons vier Nasionale NPO-dag.
Dankie aan Helpende Hand vir 'n Netwerkgeleentheid waar ons weer ons tenke kon kom vol maak het asook aan Residentia Boland wat die lokaal beskikbaar gestel het en ons bederf het met heerlike verversings. Salvon Fransman van Departement Sosiale Ontwikkeling het ons bewus gemaak dat die NPO-sektor sterk mense met passie, toewyding en goeie waardes hoog op prys stel. Annelise de Jager was die volgende spreker aan die woord om ons te vertel van die boublokke vir die welstand van 'n NPO. Teetyd is ons bederf met koffie en melktert en 'n gelukkige prystrekking het gesorg vir ekstra opwinding. Dané Kotzé, Helpende Hand Streekmaatskaplike werker het gepraat oor netwerke bou en samewerking waarna Johan Laten van "reboot your resilience" met 'n inspirerende sessie oor psigiese en emosionele gesondheid, ons toegerus het met 'n skatkis vol waardevolle raad oor die belangrikheid van persoonlike welstand om wel 'n verskil in die lewens van ander te kan maak. Dankie aan ons bestuurder, Mev. Monice Brand en boekhouer, Mev. Chrizél Fourie wat die geleentheid bygewoon het en sodoende Huis Aristea se voetspoor uitbrei in die gemeenskap.

Los jou voetspore by Huis Aristea! ✨Die week tel ons 50 dae af tot ons verjaarsdag! Huis Aristea vier 50 jaar van liefde...
26/02/2025

Los jou voetspore by Huis Aristea! ✨
Die week tel ons 50 dae af tot ons verjaarsdag! Huis Aristea vier 50 jaar van liefde, omgee en sorg met deernis vir ons ouer persone. 👵👴
Vir net R50 kan jy deel wees van ons 50 dae veldtog en help ons om R125 000 in te samel vir nuwe vloerbedekking in die gange by ons kamers en leefruimtes. Dit sal ‘n veilige en esteties pragtige omgewing vir ons inwoners skep – ‘n ruimte wat hulle met trots hul tuiste kan noem. Jou donasie bring nie net vernuwing nie, maar ook waardigheid vir almal wat hier woon. En, wie hou nou nie van ‘n “before and after transformation” nie? 😃
Ons beoog om 50 mense te kry wat vir 50 dae R50 elke dag skenk. Saam kan ons ons doelwit maklik bereik en ‘n blywende verskil maak!
Volg ons blad en wees deel van ons reis vir die volgende 50 dae! Ons sal ook stories oor die afgelope 50 jaar van Aristea deel.
👉 https://www.facebook.com/HuisAristea
Like, Follow en Share!

Wat 'n groot voorreg vir ons bestuurder Monice Brand en koördineerder van fondswerwing en bemarking, Nandi Zaayman, van ...
26/02/2025

Wat 'n groot voorreg vir ons bestuurder Monice Brand en koördineerder van fondswerwing en bemarking, Nandi Zaayman, van Huis Aristea om twee dae saam opleiding te kon bywoon wat Annelise de Jager, in samewerking met Badisa, aangebied het. Annelise is 'n begeesterde aanbiedster wat mens bemagtig en toerus met kennis en vaardighede om nog 'n groter verskil in die lewens van ouer persone te maak. Daar was ook geleentheid om te netwerk en mekaar beter te leer ken. Dankie aan Alta du Toit Centre vir die beskikbaarstelling van hul fasiliteite vir die twee dae werkswinkel. Ons gaan beslis dit wat ons nuut bygeleer het toepas en implementeer om die volhoubaarheid van ons tehuis te verseker.

Vakature: Professionele Verpleegkundige Huis Aristea in Durbanville, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature beskikbaar v...
19/02/2025

Vakature: Professionele Verpleegkundige
Huis Aristea in Durbanville, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature beskikbaar vir ‘n toegewyde Professionele Verpleegkundige met 'n passie vir die versorging van ouer persone. As jy oor uitstekende verpleegsorgvaardighede en sterk leierseienskappe beskik, kom word deel van ons span!

📍 Waar: Huis Aristea, Queenstraat 5, Durbanville
📅 Sluitingsdatum: 28 Februarie 2025
📩 Aansoeke: Stuur jou CV na [email protected]

📄 Volg die skakel vir die amptelike posbeskrywing: https://shorturl.at/AchIh

💖 Valentynsdag by Huis Aristea 💖Liefde was beslis in die lug by Huis Aristea gister! 🌹 Ons inwoners het hul harte en kre...
15/02/2025

💖 Valentynsdag by Huis Aristea 💖
Liefde was beslis in die lug by Huis Aristea gister! 🌹 Ons inwoners het hul harte en kreatiwiteit ingesit vir ’n pragtige tafeldekor-kompetisie, en die eetsaal was gevul met rooi en ’n vrolike, liefdevolle gees!

Baie geluk aan ons wenners van die tafeldekor-kompetisie:
🏆 1ste plek: Patricia, Mara, Patsy en Yvonne
🥈 2de plek: Elsabe, Hester en Monica
🥉 3de plek: Louws en Bezuidenhouts

Baie dankie aan Elize en die Feedem -span wat ons bederf het met heerlike kos, pragtige plekmatjies wat in ’n briefie-koevertjie ontvou het, én die mooi dekor by die eetsaal se ingang wat almal verwelkom het. Jou beplanning en moeite word opreg waardeer!
’n Spesiale dankie ook aan Sr Ann, ons beoordelaar, wat gehelp het om die wenners te kies, en aan Monice, ons bestuurder, vir die pragtige pryse wat die wenners ontvang het!

Ons het ’n paar inwoners gevra: Wat dra by tot ’n lang en liefdevolle huwelik?
💬 "Dra mekaar in goeie en slegte tye, lag saam, bid saam, werk saam." – SW & Andrina Burger
💬 "Deur die Here se genade en hare op ons tande." – Ponté & Elize van Zyl
💬 "God is al 52 jaar lank die hoof van ons huis – met liefde, respek en ondersteuning deur alles." – Robert & Diane Bougard
💬 "Op die ou end is dit maar uithou en mondhou🤣 … en 'n goeie sin vir humor help baie!" – Jan & Christine Smit

Ons hoop almal het hul liefdesdag geniet. 💕 "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het." - 1 Joh 4:19

HUIS ARISTEA TREK 'N NUWE BAADJIE 🧥 AAN.Ons het op 3 Februarie afgeskop met   by Huis Aristea  Durbanville , 'n program ...
15/02/2025

HUIS ARISTEA TREK 'N NUWE BAADJIE 🧥 AAN.
Ons het op 3 Februarie afgeskop met by Huis Aristea Durbanville , 'n program van Badisa . Baie dankie aan Durbanville Gemeente en Durbanville-Bergsig Kerk - Sy ligdraers vir die donasies/skenkings vir verf, asook Mica Hardware Durbanville vir spesiale diens, hulp en raad met die projek. Loer gerus in as jy verby ry en kom kyk hoe ons vorder. Kom wees deel en sien saam met ons uit na die eindproduk. Ons wil graag spiekeries lyk en spog met ons nuwe baadjie in die sensoriese tuin wanneer ons ons 50ste verjaardag vier in April vanjaar - alles om ons inwoners se verblyf by Huis Aristea ekstra spesiaal te maak - kyk uit vir meer inligting oor al die feesvieringe wat voorlê.

Address

5 Queen Street
Durbanville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Aristea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Huis Aristea:

Videos

Share